Waterpolo-arena | ||
Ligging | Stratford, Londen | |
---|---|---|
Koördinate | 51°32′28.33″N 0°0′45.85″W / 51.5412028°N 0.0127361°W | |
Operateur | Olympic Delivery Authority | |
Kapasiteit | 5 000 toeskouers | |
Oppervlak | Water | |
Konstruksie | ||
Gebou | 2011 | |
Geopen | 2012 | |
Huurders | ||
Olimpiese Somerspele 2012 |
Die Waterpolo-arena (Eng: Water Polo Arena) in Londen is die stadion waar die verskillende waterpolo-items vir mans en dames tydens die Olimpiese Somerspele van 2012 gehou is. Die tydelike konstruksie is in die Olimpiese Park in Stratford, Londen, langs die London Aquatics Centre opgerig. Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die Spele wat 'n aparte stadion vir waterpolo gebou is.
Konstruksie het in die lente van 2011 begin en is in Mei 2012 voltooi. Na afloop van die Spele sou die stadion afgebreek en hergebruik word.
Die stadion het 'n 37 m kompetisieswembad en 'n kleiner oefenswembad. Dit bied sitplek vir 5 000 toeskouers.